Die Pretoriase Wedvlugduiwe Federasie is gestig in 1964 en is daar in 1965 die eerste keer aan wedvlugte deelgeneem.

Die ledetal het gegroei van 45 lede in 1965 tot 'n hoogte van 130 lede in die laat tagtigs daarna weer afgeplat na 100 lede soos tans.

Die area wat die Federasie bedien strek vanaf Voortrekkerweg in die Ooste, Hartbeespoortdam in die Weste, Olifantsfontein in die Suide en Rooiwal in die Noorde.

Die Federasie het gegroei in die tydperk tot 'n goed georganiseerde organisasie wat sy eie vragmotor het vir die vervoer van wedvlugduiwe. Die Federasie het ook die nut van 'n eie saal besef en het deur bydraes van die lede 'n saal laat bou waar die wedvlugduiwe gemandjie word vir versending met die vragmotors na die verskillende wedvlugpunte.