JUST A HOBBY

 

BOET BADENHORST AND JOHAN JONKER

 

MUTI- DOPING – DOEPA

 

Ons word gereeld beskuldig dat ons bogenoemde gebruik.

Duiwe boere maak stellings dat hulle net sulke goeie duiwe as ons het, maar dat ons beter doepa gebruik, en as hulle tog net ons resep aan die hande kan kry sal hulle ons ‘n ding of twee wys.

 

Ons maak gebruik van doepa ek en Johan altwee, en ons glo dat as na ons resultate gekyk word sal dit duidelik gesien kan word.

 

Die resep wat ons gebruik is heeltemal veilig en kan glad nie in die duif opgespoor word nie. Dit kan ook nie aan die duif geruik word nie en ook nie in die bloed, mis of krop opgespoor word nie.  Nie die heel beste veeartse in die land en ook nie deur Sanpo se eksperts nie.

 

Ons resep werk slegs onder die volgende voorwaardes:

 

1)      Duiwe se kwaliteit moet 100% wees, naamlik die beste. Dit sal nie werk op duiwe  van 95%, 85% of gemiddelde of onder gemiddelde kwaliteit nie. Dit werk slegs op kampioen duiwe wat weer eens kampioen kleintjies teel. “Net die beste”

                                                                                                                                 

2)      Hok administrasie moet 100% reg gedoen word, naamlik: as duiwe uit geneem

            word op oefen vlugte moet dit nie op Maandag om 7 uur, Dinsdag om 8 uur of 9

            uur gewissel word nie. Dit moet elke dag op dieselfde tyd geskied.  Hulle moet

            ook op dieselfde tyd gevoer word. As hulle in die middel van die dag fyn saad of

            sonneblom gevoer word moet dit elke dag op dieselfde tyd geskied.

 

3)      Johan Jonker sê duiwe word om 12h45 hulle poeding gevoer, nie 12h44 of

            12h46 nie, maar “spot on 12h45”.

 

Aand en oggend voeding dieselfde. As die duiwe se kwaliteit en hok administrasie nie 100% voldoen nie, is die kanse maar skraal dat die unie punte gewen sal word.

 

Sodra die hok administrasie en voeding reg gedoen word sal u sien dat as u 12h45 aangeloop kom vir middig ete sal die duiwe, as hulle buite loop u tegemoet kom, self in die hok gaan en sal dit glad nie nodig wees om hulle te roep nie.  U duiwe is nou op rotiene en dissipline is reg.

Om op te som:

1)      duiwe kwaliteit 100%

2)      rotiene reg

3)      dissipline die beste en u is op die regte pad.

 

 

 

 

 

Nadat ons duisende rande gespandeer het, honderde verskillende produkte probeer het en baie jare geeksperimenteer het, dink ons dat ons nou die regte resep het.

 

Ons resep is heel eenvoudig en goedkoop. Vergeet van al die duiwe smouse wat middelle ten duurste aan julle af smeer. Gooi dit weg. Dit  werk nie!!

 

Resep:

 

Neem ‘n ½ teelepel tafelsout, ½ teelepel koeksoda, gelyk geskraapte teelepel suiker, teelepel suurlemoen en een opgehoopte teelepel engelse sout.

Meng in 100ml kookwater totdat dit goed op gelos is, laat afkoel vir 1½ uur en sit in die yskas vir 15 minute.

 

Op Vrydag om drie uur haal uit yskas en drink al 100ml. Spoel af met 100ml skoon water en op Saterdag oggend as u vir die duiwe wag  sal u lekker skoon en ontspannend  voel en glo my die duiwe sal u nie teleur stel nie.

        

En ‘o’ ja, as dit nie werk nie. Verhoog  die engelse sout na 2 opgehoopte teelepels, maar drink dit om 2 uur Vrydag en nie om drie uur nie. As dit nog nie vir u werk nie is daar probleme en ‘broer’ ons stel voor dat u dadelik met u dokter inverbinding tree.

 

 

Groete – voorspoed vir 2008 en onthou “after all it is just a hobby”       

 

 

 

 

Boet Badenhorst